Voordelige produsente-prys by Farmer’s Meat Market handel oor die uitvoermark
Farmer’s Meat Market betaal op die oomblik 100 Namibiese dollar ‘n kilogram vir uitvoerlam onder 17 kilogram, in grade A en 90 dollar ‘n kilogram vir graad AB. Dit is ‘n uiters hoër prys vergeleke met die gemiddeld van 70 dollar wat produsente by ander abattoirs ontvang. Ekonoom Theo Klein van Simonis Storm sê dit handel oor die voordelige Noorweegse uitvoermark.