Voorbereiding vir kapasiteit in die digitale ruimte vandag geloods

Die inligtingsministerie en die Impact Tank Analysis-stigting het vandag ‘n memorandum van verstandhouding onderteken om saam te werk aan transformerende, selfonderhoudende, digitale programme om indiensneming in die digitale en tegnologiese ruimte te versnel. Die adjunk-minister, Emma Theofelus sê dit is uiters belangrik dat kapasiteit gebou word om aan vraag in die mark te voldoen.