Voorafbetaalde watermeters sal verligting bring vir Gbs-skuld

Die Gobabis-munisipaliteit, met bystand van die Selavip-stigting, gaan 400 voorafbetaalde watermeters by die Freedom Square en Promised Land informele nedersettings installeer. Die projek sal oor drie fases uitgerol word, wat inwoners toegang tot drinkbare water sal gee terwyl dit help om die dorp se inkomste-invordering te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met Heinrich Amushila, die mededirekteur van die Nasionale Behuisingsaksiegroep, oor die projek gesels.