Vooma inentingsnaweek in Suid-Afrika

Die Departement van Gesondheid in die buurland doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om van die Vooma Inentingsnaweek gebruik te maak om ingeënt te word. Die departement en ander belanghebbenes het ‘n groot aantal inentingslokale opgerig om die uitwerking van die vierde vlaag besmettings teen te werk. Suid-Afrika se totale aantal Covid-19 gevalle het die drie-miljoen-merk verbygesteek. Die land se minister van Gesondheid, Joe Phaahla, sê die departement sal ook ‘n Vooma Inentingsweek hou wat op 10 Desember sal eindig.