Vonkelwyn in skeepswrak gevind

‘n Vrag vonkelwyn wat op ‘n skeepswrak langs die kus van Swede ontdek is, was vermoedelik bestem vir ‘n Russiese tsaar. Die wrak van die 19de eeuse seilskip is onlangs in die Baltiese See gevind, waar duikers meer as 100 bottels vonkelwyn getel het. Die leier van die Poolse Baltitech-duikspan, Tomasz Stachura, het aan die BBC gesê die vonds is ‘n skat. Die kleibottels met die naam van die Duitse maatskappy Selters daarop het die span gehelp om die wrak te dateer tot tussen 1850 en 1867.