Von Bach het water gevat, ander damme niks

Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is daar 14,6 persent waterbronne oor in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien. Von Bach het water gevat en is op 10,6 persent, na dit verlede maandag op 9,8 persent was. Swakoppoort staan op 19,8 persent. In die Suide is Hardap op 6,2 persent met 281 000 kubieke meter wat die afgelope week vir Mariental onttrek is. Naute by Keetmanshoop is op 35,1 persent en die Oanobdam by Rehoboth het 33,7 persent water. Die Ooste se totale bronne is op 1,3 persent met die Otjiverodam op 2 persent. Die twee Viljoendamme by Gobabis is op 2,1 en 6 persent. In die Noorde staan die Olushandjadam op 38,5 persent.