Voltooide geboue-indeks daal skerp
Daar was 126 permitte vir voltooide geboue uitgereik regoor die land in Desember verlede jaar, vergeleke met 187 in November, sê die Namibië Statistiek-agentskap. Dit verteenwoordig ‘n 30,6 persent afname maand-op-maand. Die totale waarde van die geboue was 169,6 miljoen Namibiese dollar. Swakopmund het 45,3 persent van die voltooide geboue geregistreer, gevolg deur Windhoek met 28,6 persent en Walvisbaai met 25,5 persent. Die voltooiing van industriële geboue het skerp gedaal en ‘n 50 persent afname in Desember getoon. Die daling op ‘n jaargrondslag het 85,7 persent beloop. Kommersiële geboue het egter maand-tot-maand ‘n styging van 33,3 persent aangeteken, met Windhoek wat ‘n 50 persent verhoging geregistreer het.