Volksmoord-ooreenkoms moet hele Namibië in ag neem: Mbumba

President Nangolo Mbumba en sy Duitse eweknie, dr. Frank-Walter Steinmeier, het amptelike samesprekings tydens die Hamburg Volhoubaarheidskonferensie gehou, met die fokus op die versterking van die verhouding tussen Namibië en Duitsland. Sleutelkwessies het die voortslepende volksmoordvraag ingesluit, wat ‘n belangrike aspek van die twee nasies se gedeelde geskiedenis bly. Presidensiële woordvoerder, Alfredo Hengari, sê Mbumba het die noodsaaklikheid beklemtoon van ‘n ooreenkoms wat die bekommernisse van die Herero- en Nama-gemeenskappe, sowel as die breër Namibiese bevolking, in ag neem. Hengari is aan die woord.