Volksmoord-ooreenkoms draai dalk in die hof

Die Ovaherero Tradisionele Owerheid en die Nama Tradisionele Leiers-vereniging sleep die regering hoërhof toe omdat dit versuim het om die beginsels van die 2006-parlementêre besluit oor die Nama-Ovaherero-volksmoord te respekteer. ‘n Aansoek is in die hoërhof gebring om die omstrede gesamentlike verklaring oor die ooreenkoms tussen Namibië en Duitsland nietig te verklaar. Die tradisionele owerhede sê die speaker professor Peter Katjavivi het geen gronde gehad om die ooreenkoms in die parlement te opper nie en hy het verder ‘n rol daarin gespeel om die parlement van die geleentheid te ontneem om sinvol daaroor te debatteer. Kosmos 94.1 Nuus het met die stafhoof van die Ovaherero Tradisionele Owerheid, Itamunua Meroro, gepraat…