Volksmoord: Nog ‘n datum vir herinneringsdag voorgestel
Die slagoffers van die volksmoord in Namibië is nie in ooreenstemming oor die datum wat as herinneringsdag moet dien nie. Swanu verkies 28 Mei, die dag waarop konsentrasiekampe ontbind is in 1908, terwyl die Ovaherero opperhoof Mutjinde Katjiua 2 Oktober verkies. Dit is die dag waarop die uitroeiingsbevel deur Lothar von Trotha in 1904 uitgereik is. Die LPM skaar hom blykbaar by Mutjinde. Dr. Hoze Riruako, die leier van ‘n faksie van die Ovaherero Tradisionele Owerheid, wil ook hê dit moet op 28 Mei val. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sima Luipert, ‘n lid van die tegniese komitee van die Nama Tradisionele Leiersvereniging, wat sê dat hulle 12 April wil hê, want dit is die dag in 1893 waarop die Namas die eerste keer aangeval is.