Volksmoord-herdenkingsdag: Wat sê Riruako?
Slagoffers van die volksmoord in Namibië stem tans nie saam oor die datum waarop die herinneringsdag gehou moet word nie. Swanu verkies 28 Mei, die dag in 1908 waarop konsentrasiekampe ontbind is. Die Ovaherero opperhoof Mutjinde Katjiua asook die LPM wil hê dit moet val op 2 Oktober, die dag in 1904 toe die uitroeiingsbevel deur Lothar von Trotha uitgereik is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dr. Hoze Riruako, leier van ‘n faksie van die Ovaherero Tradisionele Owerheid, om sy opinie hieroor te kry.