Volksmoord-gedenknaweek skop môre af

Die Nama Tradisionele Leiersvereniging bied sy jaarlikse Volksmoord-gedenknaweek aan wat van môre tot Sondag in Lüderitz gehou word. Die Volksmoord-gedenkstap vind Saterdag plaas vanaf Lüderitz !Nami #Nus tot by Shark Island. Shark Island was ‘n konsentrasiekamp en ‘n massagraf wat steeds baie oorblyfsels bevat van volksmoord-slagoffers wat deur Duitse Schütztruppe tussen 1904 en 1908 tereggestel is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Maboss Ortmann, ‘n lid van die vereniging se tegniese komitee, wat die program uiteensit.