Volksmoord-gedenkmuseum weer in NV bespreek
Die kwessie van die volksmoord en die voorstel om ‘n volksmoord-gedenkmuseum op te rig, is weer in die Nasionale Vergadering onder bespreking. Sommige lede van die parlement meenndat die naam van die museum verdeeldheid in die geraakte gemeenskappe kan veroorsaak. Die president van Nudo, dr. Esther Muinjangue, het gesê wat in hierdie geval saak maak, is nie wat om die museum te noem nie, maar eerder die doel wat dit dien.