Volhoubare plan nodig teen voedseloordraagbare siektes
Die GOOD-party sê ‘n weldeurdagte en volhoubare reaksieplan op voedseloordraagbare siektes is nodig en nie ‘n halsoorkop reaksie soos die registrasie van spazawinkels binne 21 dae nie. Meer as 800 voedselvergiftigingsgevalle is oral in die land aangemeld met minstens 23 sterfgevalle. Die sekretaris-generaal van die GOOD-party, Brett Herron, sê hoewel die regering se bedoeling goed is, het dit ‘n hele miernes oopgeskop.