Volhoubaarheid moet met kwesbares begin
Soos die wêreldbevolking 8 miljard mense bereik, doen die Verenigde Nasies ‘n beroep op solidariteit om volhoubare ontwikkeling vir almal te bevorder. Deur volhoubare ontwikkelingsdoelwitte te bereik, menseregte te lewer en niemand agter te laat nie, kan ‘n wêreld ingelui word waarin al 8 miljard mense kan floreer. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement Ekonomie by die Universiteit van Namibië gepraat oor hoe suidelike Afrika volhoubare ontwikkeling vir almal kan bewerkstellig.