Volgens jare se sielkundige navorsing kan presies hoe ons praat baie oor ons persoonlikheid sê
Van diep tot pieperig en van hard tot sag, die variasie in ons stemme is glo ‘n interesante aspek van ons menslike bestaan.
’n Lae stem, soos dié van Morgan Freeman, is ’n teken van ekstroversie en selfs seksuele aantrekkingskrag, terwyl hoë volume ’n weerspieëling van mag kan wees.
Blykbaar kan ‘n gemompel ‘macho’ en slimheid beteken.
’n Studie van 2012 het bevind mense verkies om vir politici met ’n laer stemtoon te stem, waarskynlik omdat hulle meer dominant, eerlik, intelligent en aantreklik klink.
In 1984 het ‘n studie gevind dat die spraaktempo van ekstroverte vinniger is as dié van introverte. En in 2014 is ‘n harder stem gekoppel aan mag in ‘n sosiale situasie, soos om besluite namens ‘n groep te neem.
Dit dui daarop dat om die volume van jou stem bewustelik te verhoog, jou meer beheer kan gee – en mense na jou kan laat luister. Dit beteken nie jy moet skree om gehoor te word nie.
Intussen word diegene met sagter stemme algemeen as meer introvert beskou, op grond daarvan dat ‘n laer volume nie die aandag van ander trek nie.
Foto: Verskaf