Volgens die Big Mac-indeks is die rand erg onderwaardeer

Die gewilde Big Mac-burger van McDonald’s vat in Suid-Afrika ‘n groter hap uit jou sak as wat dit moet. Die prys van die burger is die maatstaf om te bepaal of geldeenhede op hul ‘korrekte’ waarde is, volgens The Economist se Big Mac-indeks. Hiervolgens behoort die Suid-Afrikaanse rand teen 8,94 teen die Amerikaanse dollar te verhandel. ‘n Big Mac in Suid-Afrika het in Julie 49 rand 90 sent gekos en in Amerika 5 dollar 58 sent. ‘n Jaar gelede was die rand 55 persent onderwaardeer en in 2020, 70 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart, gesels oor of die rand se ‘korrekte’ waarde reggemaak kan word…