Volgende besending entstowwe op pad

Daar word berig dat die eerste besendings Johnson en Johnson en Sputnik V-entstowwe teen Augustus in die land sal aankom. Die aankondiging is gemaak tydens die Presidentsvrou Monica Geingos se gesprekke oor Covid wat sy op haar sosiale media platforms beeldsend. Na wat berig word, word 150 000 dosisse Sinopharm, 100 000 AstraZeneca, en 80 000 elk van die Johnson en Johnson en Sputnik V entstowwe verwag. Van die eerste besendings sal oor tien dae in die land aankom. Die aankondiging kom te midde van kommer oor voorraad met verskeie inentingspersele in die land wat die afgelope dae gesluit was. Intussen het gesondheidsowerhede gesê voorraad in gebiede waar aanvraag laag is vervoer word na gebiede waar daar groot aanvraag vir inentings is.