Volbank sal Swartbooi se parlementêre aansoek aanhoor

Die saak waar Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb, leiers van die LPM-party die besluit van die speaker van die parlement, professor Peter Katjavivi in die hoërhof uitdaag, sal op 13 April deur ‘n volbank regters aangehoor word. Regter Thomas Masuku sê die meriete van die saak vereis ‘n volbank en dus, sal die regterpresident, Petrus Damaseb, die nodige regters aanstel. Die saak handel oor die chaos na President Hage Geingob se staatsrede in April 2021 waarna die twee uitgegooi is. Swartbooi en Seibeb wil, onder andere, die beslissing van die betrokke parlementêre komitee, wat op 21 April 2021 gemaak is en hulle van die huis geskors het, ter syde laat stel.