Voice of Europe vir propaganda
Minder as twee maande voor Europese kiesers in 27 lande aan die EU-Parlementsvekiesings deelneem, sê België hulle ondersoek pro-Russiese netwerke wat probeer om die verkiesing te beïnvloed. Die eerste minister Alexander de Croo beweer Rusland se doel was om meer pro-Russiese kandidate in te bring. Die Tsjeggiese regering het ook onlangs gesê hy het ‘n pro-Kremlin-netwerk ontbloot. Volgens intelligensie-agentskappe in Praag en Pole word die Voice of Europe nuuswebtuiste deur Moskou gefinansier om propaganda te versprei.