Voet gevind op Everest dalk die van Mallory se klim-maat

’n Eeu-oue raaisel van Mount Everest is moontlik opgelos nadat ʼn voet naby die kruin van die wêreld se hoogste berg gevind is. Dit was in ‘n sokkie met AC Irvine daarop geborduur. George Mallory se ekspedisie wou in 1924 die kruin bereik en die 22-jarige Sandy Irvine was die jongste lid. Die twee Britse avonturiers het met hul klim na die kruin verdwyn. Mallory se oorskot is in 1999 gevind. Irvine se familie het vrywillig aangebied om DNS-toetsresultate te vergelyk om sy identiteit te bevestig.