Voertuigverkope weerspieël gedempte sake-aktiwiteit
Voertuigverkope vir Mei is die week bekend gemaak en die syfers dui ‘n daling in die kommersiële sektor se aktiwiteit. Daar is 982 voertuie in Mei verkoop, af van 1 004 voertuie wat in April aangeteken is maar die verkoop van ligte kommersiële voertuie het met 13,5 persent gedaal wat ‘n baie negatiewe aanwyser is. Die firma sê die maandelikse afname in voertuigverkope tussen Mei en April is hoofsaaklik gedryf deur die lae verkope van ligte kommersiële voertuigverkope wat toegeskryf kan word aan lae kredietvraag as gevolg van ‘n verhoging in die rentekoerse in April, en gedempte kommersiële aktiwiteite en prestasie in die sektor. Die toename in pasassiersvoertuie dui ‘n verbetering in verbruikersvertroue aan maar, die besigheidsektor sukkel steeds.