Voertuigverkope in Mei 8% hoër as in April

Totale voertuigverkope vir Mei het 966 eenhede beloop, wat 8 persent hoër is as in April. Cirrus Data sê in die jaar-tot-datum is nagenoeg 5 400 voertuie verkoop. Dit is die hoogste jaar-tot-datum-volumes sedert 2016. Vyf-en-veertig Huuragentskappe het 45 voertuie aangekoop in afwagting van die piek-toerismeseisoen. Cirrus maan dat agentskappe in die toekoms versigtig sal wees vir die wederkerige visumbeleid wat moontlik geïmplementeer sal word. Die bekostigbaarheid van voertuie in die noordelike streke is toenemend ‘n bron van kommer, weens voertuiginflasie wat ver bo die res van die land neig.