Voertuigverkope in buurland vertoon baie goed

Terwyl plaaslike voertuigverkope nog nie bekend is nie, sê die buurland se Nasionale Vereniging van Motorvervaardigers, bekend as Naamsa, verkope van nuwe voertuie in Suid-Afrika oorskry steeds verwagtings. Naamsa sê verkope in Maart was 16,5 persent hoër as in dieselfde tydperk verlede jaar. Die 50 607 voertuie wat verkoop is, was die hoogste sedert Oktober 2019. Die verkope van passasiersvoertuie het met 27 persent jaar-tot-jaar toegeneem. Uitvoer-verkope het afgeneem met 12,4 persent jaar-tot-jaar. Dit beteken vir die eerste kwartaal van hierdie jaar, was voertuig-uitvoere 4,1 persent onder die vlak van dieselfde tydperk verlede jaar.