Voertuigverkope dalk swak, maar dui herlewing in handel aan

Voertuigverkope vir April vanjaar het 899 eenhede beloop, 38 persent laer as Maart se buitengewone totaal van 1 451 eenhede, wat die hoogste sedert Julie 2016 was. Die April-verkope is ook en 10,5 persent laer as die 1 004 eenhede wat in April 2023 verkoop is. Volgens Simonis Storm het ligte kommersiële voertuie die grootste verkope op 433 eenhede aangeteken, wat goeie handelsaktiwiteite aandui. Daar is 411 passasiersvoertuie verkoop met 39 ekstra swaar kommersiële voertuie. ‘n Handvol medium-swaar voertuie en busse is ook gedurende die maand verkoop.