Voertuigverkope daal, sal nie vinnig styg: ekonoom

In Augustus 2024 het voertuigverkope in Namibië tot 995 eenhede gedaal, van 1 172 eenhede in Julie en 1 101 in Augustus verlede jaar. Dit weerspieël ‘n 15,1 persent maand-tot-maand en 9,6 persent jaar-tot-jaar afname. Beide passasiers- en handelsvoertuigverkope het afgeneem, met passasiersverkope wat 21,8 persent gedaal het op ‘n maandelikse basis. Handelsvoertuigverkope het 8,9 persent op ‘n maandelikse basis gedaal. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Halleluya Ndimulunde, ‘n ekonoom by Simonis Storm, wat meer inligting gee.