Voertuigverkope daal in Desember 2022

Voertuigverkope in Namibië het op ‘n jaargrondslag met 29,7 persent gestyg, maar het op ‘n maandelikse basis met 8,6 persent in Desember 2022 afgeneem. Altesaam 952 voertuie is in Desember 2022 verkoop, wat minder is as die 1 045 voertuie wat in November 2022 verkoop is. Medium handelsvoertuie was die hoof-bydraer tot die jaarlikse toename, en het in Desember 2022 met 94,4 persent op ‘n jaargrondslag gestyg, gevolg deur swaar handelsvoertuie en passasiersvoertuie. Hoofbestuurder van Indongo Toyota Willie Verdoes gesels met Kosmos 94.1 Nuus.