Voertuigmark herstel, en sal verder verbeter… hier’s hoekom

Nuwe voertuigverkope het in Oktober skerp gestyg na 1 145 eenhede, wat 24,6 persent hoër is as in Oktober verlede jaar. Dit is ook ‘n 15,9 persent styging teenoor verkope in September. Die makelaarshuis Simonis Storm het die groot styging toegeskryf aan belastingverwante aankope voor die einde van die jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Almandro Jansen, ‘n ekonoom by Simonis Storm, wat sê die plaaslike voertuigmark is gereed vir groei. Hy sit die bydraende faktore uiteen.