Voertuig wat 14 jaar gelede gesteel is herwin

‘n Een-en-dertigjarige Suid-Afrikaanse man verskyn na verwagting vandag in die Landdroshof in Amsterdam in Mpumalanga vir die beweerde besit van ‘n gesteelde voertuig. Die verdagte is Saterdag aangekeer by die Nerston-grenspos in die provinsie. Die owerhede het teenstrydighede opgemerk met die voertuig se identifikasienommer tydens ‘n roetine ondersoek, wat onthul het dit is in Desember 2010 in Komani in die Oos-Kaap as gesteel aangemeld. Die polisiewoordvoerder Magonseni Nkosi sê bykomende aanklagte is moontlik, hangende ‘n ondersoek na voertuigdiefstal.