Voertuig-fabriekwerkers in VSA staak 

Ongeveer 130 000 Amerikaanse voertuig-fabriekwerkers het met ‘n staking begin oor looneise wat nie aangespreek is nie. Lede van die United Auto Workers-vakbond het by ‘n General Motors-monteeraanleg in Missouri, gestaak en so ook by ‘n Ford-fabriek in Michigan en ‘n Stellantis Jeep-aanleg in Toledo, Ohio. Dit is die eerste keer in die vakbond se 88-jarige geskiedenis dat hy gelyktydig op al drie maatskappye uitstap.