Voertuig-eienaars kla oor laat betaling na kiesersregistrasie

Sommige mense wie se voertuie tydens die Algemene Registrasie van Kiesers gebruik is, sê hulle is nog nie betaal nie. Hulle sê hulle het kontrakte gehad, maar baie min van hulle het hul betalings volgens die ooreenkoms ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Verkiesingskommissie van Namibië se woordvoerder, De Wet Siluka, wat verduidelik.