Voer-invoere: Uiters streng voorwaardes vanuit SA
Met droë toestande in Namibië word al hoe meer voer ingevoer, veral uit Suid-Afrika maar, die buurland stoei met bek- en klouseer en dus het die landbouministerie streng voorwaardes daargestel. Die besending moet vergesel word deur die oorpronklike invoerpermit en met die veeartseny sertifikaat behoorlik voltooi en onderteken deur ‘n veearts wat daartoe gemagtig is deur die regering van die uitvoerland. Dit kan vervang word met ‘n gesondheidsertifikaat op die amptelike briefhoof van die uitvoerland. Die sertifikaat moet die Namibiese invoernommer bevat. Alle voer moet ook by die grens aangemeld word en ‘n monster moet geneem word vir toetse. Alle voertuie van Suid-Afrika wat die voer na Namibië vervoer moet ontsmet word en ‘n sertifikaat moet uitgereik word en ook aangeheg word aan die oorspronklike invoerpermit.