Voëlgriep het nog nie na pluimveeboere versprei

Ná die direkteur van veeartsenykunde in die Namibiese landbouministerie verlede maand amptelik bevestig het dat die hoogs aansteeklike H5N1-voëlgriep onder seevoëls langs die kus uitgebreek het, het Kosmos 94.1 Nuus uitgevind of dit enigsins verder versprei het. Rene Werner, besturende direkteur van Wentscher Pluimveeplaas en voorsitter van die Namibiese Pluimveevereniging, het gesê daar was verlede week ‘n vergadering met veeartse, en die pluimveebedryf word tot dusver nie geraak nie.