Voëlgriep byt vas

Die tekort aan hoender en eiers in Suid-Afrika sal vir ‘n langer tydperk voortduur ná die voëlgriep-uitbreking. Die spesialis-veearts, Shahn Bisschop, sê die uitbreking is nog lank nie verby nie en die land sal dalk vir minstens ses maande nie hersteltekens sien nie. Hy sê biosekerheidsmaatreëls om die verspreiding van die siekte te beperk was nie doeltreffend genoeg nie. Bisschop het aan Newzroom Afrika gesê die voortgesette verspreiding van die uitbreking plaas bykomende druk op die landbousektor.