Voedselvergiftiging na spazawinkel-kos duur voort

Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê sedert die eerste geval van voedselvergiftiging in Oktober verlede jaar aangemeld is, het nog 861 mense siek geword en 11 is daaraan dood. In die jongste voorval is ʼn graad 1-leerder van Mandlethu Primary School in Tsakane, Brakpan, Dinsdag dood nadat sy volgens berigte by ʼn plaaslike spazawinkel koekies gekoop het. Vier kinders sterk aan in die hospitaal. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê hulle sal voortgaan om gemeenskappe wenke oor voedselveiligheid te gee: