Voedselvergiftiging is nasionale sekerheidsbedreiging: minister

Die gesondheidminister, Aaron Motsoaledi, ondersteun die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur se standpunt wat voedselvergiftiging as ‘n nasionale sekerheidsbedreiging klassifiseer. Dit volg op verskeie voorvalle in ‘n aantal provinsies. In die mees onlangse geval is 24 leerders van Enzani Primary in Matsulu, Mpumalanga, hospitaal toe gehaas weens vermoedelike voedselvergiftiging. Motsoaledi het aan die SABC gesê die owerhede, insluitend die landbou-departement, ondersoek die voorvalle.