Voedseltekorte: Groentetuine sal help, maar, dis ook moeilik

Maria Elago, voorsitter van die parlementêre staande komitee oor geslagsgelykheid, maatskaplike ontwikkeling en gesinsake, het politici aangemoedig om agterplaastuine te bevorder om wanvoeding in die Karas-streek te bekamp. Met meer as 1,4 miljoen Namibiërs wat voedselonsekerheid in die gesig staar as gevolg van langdurige droogtetoestande, word hierdie tuine as noodsaaklik beskou. Onlangse statistieke toon dat Karas die meeste wanvoeding-gevalle in die land aangeteken het, gevolg deur Omaheke, Oshana, Khomas en Omusati. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ben Schernick, direkteur van die Voedings- en Voedselsekerheidsalliansie van Namibië, oor die uitdagings van die vestiging en instandhouding van groentetuine.