Voedseltekorte: Dit handel nie oor skaarste nie

Daar word beweer dat Namibië se voedselonsekerheid nie in skaarste lê nie, maar in die bekostigbaarheid van kos, wat ‘n kommoditeit geword het. Sommige organisasies bepleit ‘n terugkeer na tradisionele praktyke soos agterplaas-groentetuine, en die bevordering van gesinsgebaseerde, kleinskaalse boerdery, tuisverwerking en plaaslike handel. Hulle stel voor dat openbare fondse gebruik word om mense op te lei om selfonderhoudendheid te bereik. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ben Schernick, direkteur van die Voedings- en Voedselsekerheid-alliansie van Namibië, oor die haalbaarheid hiervan.