Voedselsekerheid moet vir talle redes, nie net menslik nie, verbeter

Dit is welbekend dat Afrika toenemende voedselonsekerheid in die gesig staar. Voedselonsekerheid belemmer produktiwiteit en ekonomiese groei. Diegene wat honger is, het nie die energie en kognitiewe funksie om effektief te werk nie. Dit skep ‘n siklus van armoede, waar sukkelende gesinne nie genoeg kos kan bekostig nie, wat hul vermoë beperk om ‘n bestaan te verdien. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ben Schernick, die direkteur van die Nutrition and Food Security Alliance of Namibia, oor wat die regering moet doen om die probleem aan te spreek.