Voedselpryse het weer in Februarie geklim

Inflasie het op 5 persent vir Februarie ingekom, effe laer as Januarie se 5,4 persent maar voedselpryse bly styg. Groente is met 14,7 persent op terwyl vis 13 persent duurder is. Vrugte jaag jou 12,8 persent meer uit die sak en koffie en tee, 11,2 persent. Suiwel en eiers kos 10 persent meer met suikerprodukte wat met 8,6 persent gestyg het. Koeldrank en sap is op met 7,6 persent en vleis met 4,7 persent. Olies en vette is 0,8 persent duurder en brood en grane is die enigste kossoort wat gedaal het maar net met 0,4 persent.