Voedselpryse: Geen verligting in die nabye toekoms nie

Namibiese voedselpryse sal volgens kenners vir nog ‘n geruime tyd hoog bly gegewe die impak van beurtkrag op voedselproduksie en voedselvoorsiening in Suid-Afrika. Die verswakkende wisselkoers tussen die Suid-Afrikaanse rand en die Amerikaanse dollar sal ook ‘n rol speel vanuit ‘n invoerperspektief. Volgens ekonoom Ruusa Nandago, sou die El Niño-verskynsel realiseer sal dit wisselvallige reënval veroorsaak, en sodoende voedselvoorraad verminder en die invoervereiste verhoog. Die vertraagde impak van prysskokke in die landbou, wat kunsmis en brandstof insluit, begin ook nou ‘n rol speel. Voedsel beslaan 16 persent van inflasiemandjie uit en omdat dit ‘n onvervangbare verbruikersitem is, sal die stygings in pryse besteebare inkomste verder verminder.