Voedselpryse dryf inflasie aan, alles is duurder

Februarie se inflasie is met 0,2 persent op na 7,2 persent, vergeleke met Januarie se syfers. Voedsel het weer die meeste bygedra en alles is duurder. Vrugte het die duurste geword met ‘n prysstyging van 26,8 persent, gevolg deur brood en grane wat 22 persent duurder is. Olies en vette is op met 17,9 persent terwyl suiker sy en sy produkte 12,5 persent duurder is. Groente sal jou 11,4 persent meer uit die sak jaag en vis, 10,1 persent. Koffie en tee, koeldrank, vrugtesap en minerale water is 9,7 persent duurder. Vleis is 9,4 persent op en suiwel en eiers, 7 persent.