Voedselonseker Namibiërs styg met 136 000 in 90 dae
Die Wêreldvoedselprogram monitor die voedselgebaseerde hanteringstrategieë in verskeie streke in die land en sê dinge lyk uiters kommerwekkend. Net meer as 95 persent van voedsel-onseker gemeenskappe kom uit ‘n handvol streke in die land wat Omusati op 29 persent insluit, sowel as Kavango Oos op 26 persent, Kavango Wes op 24 persent, Oshikoto op 23 persent, en Kunene en Otjozondjupa op 20 persent elk. Vergeleke met die vorige 90 dae, het die hoeveelheid mense met onvoldoende kos met 136 000 toegeneem. Met min reën en ‘n voorspelling vir ‘n droë 2023-2024 seisoen, sal die stand van sake vererger. Voedselhulp duur sedert 2019 in talle gebiede in die land voor.