Voedselhulp sal voortduur, programme is deurlopend
Politieke en gemeenskapsleiers regoor die land het hul vrees uitgespreek vir ‘n rampspoedige droogte weens die swak reënseisoen. Pio Nganate, goewerneur van Omaheke, sê sy streek het nie goeie reën gekry nie en het regstellende ingryping van die regering nodig. Hy sê baie boere in die streek het weens die droogte hul vee teen goedkoper pryse begin verkoop. Vrae is gevra of die regering voldoende maatreëls ingestel het om die dreigende droogtekrisis te versag. Kosmos 94.1 Nuus het met eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila gepraat oor die jongste in verband met die droogtehulp-program. Sy sê die regering het ingestem om voort te gaan met deurlopende programme in droogtegeteisterde streke soos die Kunene, dele van Erongo en die Omusati-streek en hou die situasie in ander streke dop.