Voedselhulp in dele van Sudan gestaak

Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram het voedselhulp in sommige dele van Sudan se staat Gezira tydelik opgeskort namate gevegte in die gebied uitbrei. Sowat 300 000 mense het in ‘n kwessie van dae uit Gezira gevlug sedert botsings verlede week Vrydag uitgebreek het. Die program sê dat sy spanne dag en nag werk om voedselhulp te verskaf op plekke waar dit nog moontlik is.