Voedsel word steeds aan vloed-gemeenskappe versprei

Volgens die kantoor van die Namibiese eerste minister word kos weekliks aan die vloedgeteisterde gemeenskappe in die Noorde uitgedeel. Daar word verseker daar is genoeg kos in voorraad by die streeks-pakhuis in Uukwangula-nedersetting, in Oshana-streek om voorsiening te maak vir vloedslagoffers. Hervestiging-sentrums het ook bokse vis van die visserye-ministerie se Epalela-akwa-kultuurplaas ontvang. Verskeie skenkings is ontvang om te verseker dat die vloedslagoffers basiese benodigdhede soos voedsel, tente, drinkwateren higiëne items by die hervestigingsentrums het. Die kantoor het ook 100 muskietnette in die Oshana-streek by die Ehenye-hervestigingsentrum versprei. Eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila gesels met Kosmos 94.1 Nuus…