Voedsel-inflasie daal skerp in Februarie
Namibië se jaarlikse inflasiekoers vir Februarie was 5 persent, af van die 7.2 persent wat in Februarie 2023 aangeteken is en 5.4 persent in Januarie vanjaar. Goedere-inflasie was op 6,4 persent, vanaf 6,8 persent in Januarie verlede jaar, en dienste-inflasie het ook afgeneem tot 3,1 persent vanaf die 3,5 persent wat in Januarie 2024 aangeteken is. Terwyl die voedsel- en nie-alkoholiese drank-kategorie ‘n sleutel-dryfveer van inflasie bly, het dit ook ‘n verlangsaming in jaarlikse inflasie ervaar. In Februarie het inflasie vir hierdie kategorie op 5,8 persent gestaan, ‘n noemenswaardige vertraging vanaf die 14 persent wat in Februarie 2023 aangeteken is.