Voedsel-beskikbaarheid in Zimbabwe vererger

Zimbabwe is een van die Suider-Afrikaanse lande wat ‘n ramptoestand weens die droogte afgekondig het. Net soos in Namibië het meeste van die oeste misluk. Na raming sal 6 miljoen mense in Zimbabwe voedselonseker wees vanaf Januarie volgende jaar tot Maart. In stedelike gebiede het hoë inflasie, stygende voedselpryse en swak wisselkoerse gesinne se koopkrag beïnvloed en hul spaargeld geërodeer. Kosmos 94.1 Nuus het met die Zimbabwiese ekonoom, Eddie Cross, gesels oor die voedselsituasie wat hulle gedurende die winter in die gesig staar.