VN waarsku oor humanitêre toestande in Sirië

Die Verenigde Nasies waarsku die konflik in Gaza en Libanon spoel oor na Sirië wat ʼn reeds ernstige humanitêre situasie vererger. Ongeveer 425 000 mense het die afgelope weke van Libanon na Sirië gevlug om verskerpte lugaanvalle en geweld te vry te spring. Die VN sê Israel het sedert Oktober verlede jaar meer as 116 lugaanvalle in Sirië uitgevoer en infrastruktuur en stedelike sentrums aangeval. Hy sê volgens Israel was Hezbollah- en Iran-verwante wapenroetes in sy visier. Hy sê dit kan die brose skietstilstand-ooreenkomste laat misluk en vredespogings moeiliker maak.