VN vra hulp van N$77-miljard vir burgerlikes in Soedan

Die Verenigde Nasies benodig ongeveer 77-miljard Namibiese dollar se hulp om burgerlikes by te staan wat deur die voortslepende oorlog in Soedan geraak word. Die fondse is vir humanitêre hulp én ook om diegene te help wat in buurlande skuiling gaan soek het. Soedan is in konflik sedert April verlede jaar, met regeringsmagte wat in konfrontasie is met ‘n paramilitêre groep, oor sy insluiting in die nasionale weermag. Die VN vra dringend wêreldwye steun en versoek nasies om nie die lot van Soedan se mense te midde van die voortslepende konflik te vergeet nie.